Tydens die onlangse O.18 en O.20 CAA Suidelike Halfrondstreek-atletiekkampioenskappe te Boksburg het Ruwaldo Beer, 'n graad 11 leerling by HTS Daniel Pienaar, weereens sy vernuf getoon toe hy 'n silwer medalje vir hamergooi in die 0.18 ouderdomsgroep verower het,met 'n afstand twee cm duskant die wenner,ook van Suid-Afrika, se 66.48 m.Ruwaldo is 'n veelsydige leerder wat onder andere eerstespan rugby speel en ook prefek is.Die Tiere volg hierdie spogatleet se atletiekloopbaan met groot trots en belangstelling.