• Banner2016

Nuus

Monday, 02 February 2015 06:44

DP wen Brandwag met 1 paaltjie.

DPvsBrandwag01


Daniel Pienaar vs Brandwag. Brandwag 138 all out Kenan Smith 10ovrs 4wkts 27runs,Shevaan Hendricks 8ovrs 3wkts 25runs. DP 140/9 Joshua Petersen 47 not out. DP won by 1 wkt
Daniel Pienaar 1st cricket team started the schools 120 year celebrations in fine style by winning all their matches at the Union high cricket festival held at Graaff Reinet in January 2015.

In the first match DP beat Graaff Reinet cricket club by 28 runs in a T20 match.DP batted first and scored 130/8 with Sydney Daniell top scoring with 50.DP restricted GCC to 102/9 in the allotted 20 overs with Carl Erasmus being our standout bowler with figures of 4ovrs 2wkts 6runs.

In the second match on tour DP played Pinelands High from Cape Town.Pinelands batted first and were bowled out 156. DP best bowler was Kenan Smith with figures 17ovrs 6 wkts 29runs.DP replied with 158/6 Denovan Jones 50 and Denver Kleu 40 were the standout batsman in DP 4 wicket victory. 

DP third match was a T20 against Queens College.DP batted first scoring a massive 199/4 Denver Kleu was the top scorer with a well played 87 and Adrian Leibbrandt scored 83 runs.Queens replied with 88/9 in 20 overs. Quon Munroe 4ovrs 3wkts 6runs and Carl Erasmus 4ovrs 3wkts 18runs were the best bowlers in DP 111 runs victory.       

In the final match on tour DP beat Somerset College by 7 wickets.  Somerset batted first and were bowled out 86.Kenan Smith 10ovrs 3wkts 28,Carl Erasmus 6ovrs 2wkts 12runs and Quon Munroe 5ovrs 2wkts 14runs were DP best bowlers.Denver Kleu 63 not out was DP best batsman.

Denver was named DP player of the festival.

Players and coaching staff would like to thank all parents,family and friends including players girlfriends with their parents who traveled to Graaff Reinet to support the team.
Monday, 27 October 2014 06:54

Ons hoofleiers vir 2015

 

hoofleiers 

 (v.l.n.r)  Onderhoofseun: Heino Bezuidenhout  Hoofseun: Malan Steenkamp  Onderhoofseun: Nico Barnard

DP-Tennis02

 

Britney du Piesanie gekies vir OP o/14 meisiespan.

Nasionale kompetisie: Vrydag 29 Augustus - St. Alban’s College – Pretoria

 

Brugbou-Nasionale-kompetisie-2014

 

H.T.S. Daniel Pienaar se brugbouspan het die Oos-Kaap tydens die Nasionale SAISI (Suid-Afrikaanse Instituut vir Siviele Ingenieurs) brugboukompetisie in Pretoria verteenwoordig.  19 Streekspanne het 6 ure tyd gehad om ‘n brug te ontwerp en te bou met ‘n spanwydte van 800mm en volgens spesifieke vereistes wat met elke kompetisie verander.  Elke span het die volgende materiale ontvang: 25 houtstokkies van 4 x 4mm en 600mm lank, “super glue” gom en ‘n stuk tou van drie meter.  Spanne bestaan uit maksimum van 3 lede en HTS Daniel Pienaar se span het bestaan uit Daniel Lourens, Jacques van Staden en Nico Barnard. Die brug kon ’n gewig van 78,4 kg dra wat nie net simmetries akkuraat gebou was nie, maar was esteties ook die mooiste brug.  Met baie strawwe kompetisie behaal die Tiere ‘n eerste plek in die (Inter)nasionale brugboukompetisie.  Besondere dank ook aan die hoofborg: Grinaker/LTA – Hoof borg (Klere en sakke)

Tuesday, 26 August 2014 09:45

Dames personeel Speel Teen Dogters Netbal

Netbal-Onderwysers-teen-leerders

Dames personeel wat teen ons dogters gespeel het. Die dogters wen naelskraap met 11-9.

Thursday, 12 June 2014 06:34

Daniel Pienaar OP Rugby

 

daniel-pienaar-Craven-week-players-2 

Van links na regs:  Pieter Gunter (O/16), Henco Pieterse (O/16), Luciano Grootboom (Akademie O/18), Duan du Plessis (Akademie O/18), Denver Kleu (Akademie O/18 kaptein), Heino Bezuidenhout (Cravenweek O/18 O/kapt) en Pumie Mguca (Craverweek O/18).  Hulle gaan tydens die Junievakansie aan die onderskeie nasionale toernooie deelneem.

 

 

 

 

Thursday, 05 June 2014 18:37

DP wen Provinsiale brugboukompetisie

Daniel-Pienaar-brugbou-01

 

Die HTS Daniel Pienaar het op 31 Mei aan die Suid-Afrikaanse Instituut vir Siviele Ingenieurs (SAISI) se Oostelike Provinsie brugboukompetisie deelgeneem.  Die drie spanne wat die beste in die skool se interne kompetisie die beste gevaar het, is ingeskryf.  Elke span het uit drie leerders bestaan en hulle moes ‘n brug met ‘n span lengte van 600mm en ‘n minimum breedte van 100mm ontwerp en bou.  11 Oos-Kaapse spanne het deelgeneem.  DP se drie spanne het ‘n 1ste, 4de en 7de plek behaal.

 

Daniel-Pienaar-brugbou-03

 

Op die foto verskyn DP se wenspan: Nico Barnard, Daniel Lourens en Jacques van Staden.  Hulle brug het 118.5g geweeg en het ‘n gewig van 95kg gedra en die beoordeellaars het aan die span 100% toegeken.  Hulle het elkeen R300 prysgeld ontvang asook vlugkaartjies na Pretoria vir die S.A. Kampioenskappe op Vrydag 29 Augustus.  Hulle het ook die SAICI wisseltrofee ontvang. Dit was die 10de keer in 13 jaar dat DP die trofee gewen het.  Die span wen ook die trofee vir estetika (ontwerp, netheid en voorkoms) met ‘n punt van 28,5 uit 30.

Norman-Drake02

 

Norman Drake is die eerste oudleerder van DP wat ingesluit is in die Internasionale Rugbyraad se paneel van skeidsregters.  Hy het onlangs hierdie jaar by die World Youth Rugby Tournament in Hong Kong as skeidsregter opgetree.  Norman was in 1998 in matriek en is vir afgelope vier jaar in Dubai waar ‘n siviele ingenieur is.   DP is baie trots op hierdie grootse prestasie deur een van sy baie lojale oudleerders.

 

Norman-Drake03

 

Norman-Drake04

Monday, 27 January 2014 17:28

Jong Tiere baljaar by waterkaskanades

Water01

Jong Tiere het groot pret terwyl hulle baljaar by die graad 8 waterkaskanades

 

2de en 3de plekke in OP O/17 driekamp vir DP. Kampioenskappe het vanoggend hier in Somerstrand langs die kus plaasgevind. Hein vd Walt 2de en 
Malan Steenkamp 3de. Mooi gewees in baie lekker weer.

 electrical-kompetisie

Op die foto is:  Charl van der Merwe, Triston Saayman, Omri Jacobs en Eben van Zyl.

 

Die HTS Daniel Pienaar het op 8 Augustus 2013 deelgeneem aan die Oos-Kaap Siemens Junior uitdaagkompetisie vir energiebesparende elektriese tegnologie wat deur die Ingenieursfakulteit van die NMMU gereël is.  Die kompetisie is reeds ses maande gelede geloods en deelnemende skole en tegniese kolleges kon spanne bestaande uit vier leerders inskryf.  Siemens was die hoofborg en het toerusting en sekere materiale verskaf.

Elke span het o.a. ‘n PLB (Programmeerbare Logiese Beheerder) en verskeie elektriese komponente ontvang.

Die opdrag was om 'n huismodel met die normale vertrekke en motorhuis asook die standaard elektriese toestelle in die onderskeie vetrekke te bou, en dan energiebesparende tegnieke en elektoniese stelsels demonstreer.  Spanne moes die ontwerp, konstruksie, bedrading en baie belangrik, die programering, self doen.

Die kompetisie het in al nege provinsies van die RSA plaasgevind en die wenner in elke provinsie word genooi om aan die nasionale kompetisie in September in Johannesburg deel te neem.  Weens die moeilikheidsgraad van die opdrag vir die 2013 kompetisie, het min spanne vir die Oos-Kaap kompetisie ingeskryf.  Die instansies wat deelgeneem het, was die HTS Daniel Pienaar, HTS Newton in P.E, East Cape Midlands College in Uitenhage en Russel Road College van P.E.

Daniel Pienaar het al die spanne uitgestof en die eerste plek behaal.  Elke spanlid het verskeie pryse ontvang – onder andere gratis gevorde opleidingskursusse in programeer-bare logiese beheerders.  Die span was onder leiding van mnr. Sampie Marais, adjunkhoof en vakhoof vir Elektriese Tegnologie.

Op 10 September 2013 neem die span deel aan die Nasionale kompetisie in Johannesburg waar die wenners van die onderskeie prvinsies in die RSA deelneem en behaal ‘n baie goeie tweede plek.