• Banner2016
Friday, 05 September 2014 10:52

DP wen Provinsiale brugboukompetisie

Daniel-Pienaar-brugbou-01

 

Die HTS Daniel Pienaar het op 31 Mei aan die Suid-Afrikaanse Instituut vir Siviele Ingenieurs (SAISI) se Oostelike Provinsie brugboukompetisie deelgeneem.  Die drie spanne wat die beste in die skool se interne kompetisie die beste gevaar het, is ingeskryf.  Elke span het uit drie leerders bestaan en hulle moes ‘n brug met ‘n span lengte van 600mm en ‘n minimum breedte van 100mm ontwerp en bou.  11 Oos-Kaapse spanne het deelgeneem.  DP se drie spanne het ‘n 1ste, 4de en 7de plek behaal.

 

Daniel-Pienaar-brugbou-03

 

Op die foto verskyn DP se wenspan: Nico Barnard, Daniel Lourens en Jacques van Staden.  Hulle brug het 118.5g geweeg en het ‘n gewig van 95kg gedra en die beoordeellaars het aan die span 100% toegeken.  Hulle het elkeen R300 prysgeld ontvang asook vlugkaartjies na Pretoria vir die S.A. Kampioenskappe op Vrydag 29 Augustus.  Hulle het ook die SAICI wisseltrofee ontvang. Dit was die 10de keer in 13 jaar dat DP die trofee gewen het.  Die span wen ook die trofee vir estetika (ontwerp, netheid en voorkoms) met ‘n punt van 28,5 uit 30.

Friday, 05 September 2014 10:42

SAICE NASIONALE BRUGBOUKOMPETISIE ‑ 2014

Nasionale kompetisie: Vrydag 29 Augustus - St. Alban’s College – Pretoria

Brugbou-Nasionale-kompetisie-2014

 

H.T.S. Daniel Pienaar se brugbouspan het die Oos-Kaap tydens die Nasionale SAISI (Suid-Afrikaanse Instituut vir Siviele Ingenieurs) brugboukompetisie in Pretoria verteenwoordig.  19 Streekspanne het 6 ure tyd gehad om ‘n brug te ontwerp en te bou met ‘n spanwydte van 800mm en volgens spesifieke vereistes wat met elke kompetisie verander.  Elke span het die volgende materiale ontvang: 25 houtstokkies van 4 x 4mm en 600mm lank, “super glue” gom en ‘n stuk tou van drie meter.  Spanne bestaan uit maksimum van 3 lede en HTS Daniel Pienaar se span het bestaan uit Daniel Lourens, Jacques van Staden en Nico Barnard. Die brug kon ’n gewig van 78,4 kg dra wat nie net simmetries akkuraat gebou was nie, maar was esteties ook die mooiste brug.  Met baie strawwe kompetisie behaal die Tiere ‘n eerste plek in die (Inter)nasionale brugboukompetisie.  Besondere dank ook aan die hoofborg: Grinaker/LTA – Hoof borg (Klere en sakke)