• Banner2016
Sunday, 23 February 2014 22:26

DP Diereliefhebbersvereniging

Die Diereliefhebbersvereniging poog om leerders te leer om diere te versorg en waardeer.  Hierdie vereniging en Christelle Erasmus, in samewerking met die DBV, sien om na die versorging van alle hawelose diere op die kampus.  Dit sluit in die voer, sterilisasie en versekering  van algemene welsyn van die diere, veral die kattekolonie van die skool.  Die DLV is ʼn subkomitee van Interact.  Hierdie leerders loods ook fondsinsamelingspogings bv. fliekaande, verkopings en danse.  Die bestaan van die DLV en die feit dat leerders geleer word om ook deernis vir diere te hê, is ʼn wyse waarop Daniel Pienaar aan sy leuse “Volkome Toegerus” gestalte gee.

Read 1338 times Last modified on Thursday, 23 March 2017 06:39