• Banner2016
Wednesday, 30 October 2013 16:13

Sportverslag 2013

ATLETIEK  - Mnr. Z. Kemp

 

INTERHUISBYEENKOMS  (20-25 JAN 2013)

Die atletiekseisoen het afgeskop met die Interhuisbyeenkoms wat deur McJannet gewen is. 4de   -   Maritz 408 punte, 3de   -   Wilken 423 punte, 2de   -   Pienaar 517 punte, 1ste     McJannet 548 punte. 

 

UITENHAGE DISTRIKSBYEENKOMS (14-16 FEB 2013)

Tydens die Distriksbyeenkoms wat plaasgevind het by Brandwag het Daniel Pienaar 72 inskrywings gehad en het die Daniel Pienaar atlete die volgende posisies behaal:  10 – 4de plekke, 15 – 3de plekke, 17 – 2de plekke en 22 – 1ste plekke.  Beste prestasies:  M. Strydom 0/14 Seuns Hamergooi 34,98 m (725);  D. Kleu 0/16 Seuns Spiesgooi 54,07 m (790);  C. Kapp 0/17 Seuns Hamergooi 55,10 m (800) kwalifiseer vir die SA Junior span.

 

NICO MALAN MARQUEE TENT BYEENKOMS (20 FEB 2013)

Gedurende die Nico Malan Marquee Tent byeenkoms in Humansdorp het 12 atlete deelgeneem.  Daniel Pienaar het 12 medaljes ontvang met 4 - 3de plekke, 4 - 2de plekke en 4 - 1ste plekke.  Beste prestasie was D. Kleu 0/16 Seuns Spiesgooi 52,83 m (769).

 

METRO BYEENKOMS (O.P. SKOLE) (23 FEB 2013)

Tydens die Metro byeenkoms wat plaasgevind het by die Oval het Daniel Pienaar 50 atlete ingeskryf en die volgende posisies behaal:  9 – 3de plekke, 11 – 2de plekke en 7 – 1ste plekke.  Beste prestasie was C. Kapp 0/17 Seuns Hamergooi 52,15 m (920).

 

OOS-KAAP KAMPIOENSKAPPE (8-9 MRT 2013)

Die byeenkoms het plaasgevind by die Jan Smuts stadion in Oos-Londen en die uitslae is as volg:  C. Kapp 0/17 Seuns Hamergooi 5de plek 47,79 m (879);  Z. Rule 0/17 Seuns Driesprong 4de plek 12,27 m;  R. Deysel  0/15 Seuns Diskusgooi 3de plek 39,05 m (577);  D. Kleu 0/16 Seuns Spiesgooi 3de plek 52,88 m (502);  A. Gqeke 0/17 Seuns 800 m 3de plek 2:08,23 (570); D. Venter 0/19 Paalspring 2de plek 3,4 m (329) en R. Deysel 0/15 Seuns Hamergooi 43,34 m (726). Reynardt Deysel is gekies vir die SA Skolespan wat gaan deelneem by die SA Skole byeenkoms op 22-23 Maart 2013 in Oos-Londen.

 

SA SKOLE BYEENKOMS (22-23 MAR 2013)

Die SA Skole byeenkoms het plaasgevind in Oos-Londen.  R. Deysel 0/15 Seuns Hamergooi het uitgeval in die uitdunne.

 

Baie geluk aan dié atlete asook al die atlete wat hard geoefen het en tydens die seisoen presteer het.

 

KRIEKET – Mnr. C. Flemming

 

Tot op hede was 2013 weer een van ons beter krieketseisoene.  Wat die T20 reeks betref, het ons in die streeksfinale teen Framesby verloor.  Die toewyding van die afrigters onder leiding van mnre. Sirkhotte en Nel werp nou vrugte af.

Ons het ‘n aktiewe winter “afseisoen” agter die rug en die spanne is nou in die finale fase van voorbereiding vir die nuwe seisoen wat op 13 September 2013 met ‘n toernooi in Kimberley by Noord-Kaap begin.

 

Na afloop van die Kimberley-toernooi vertrek die 1ste span na Hoërskool Punt in Mosselbaai waar hulle vanaf 19 September betrokke sal wees.

 

Ons gelukwense aan Denvér Kleu, wat O.P. O/17 verteenwoordig het.  Die skool het groot waardering vir die lang ure wat die afrigters, spelers en tellinghouers langs die velde deurbring.

 

Ons opregte dank aan oom Martin Ferreira vir die puik toestand van ons fasiliteite en die skoolhoof vir sy onvoorwaardelike steun aan die sport.

 

TENNIS - Mev. H. Laubscher

 

Die jaar 2013 was ‘n baie aangename tennisjaar.  Die gees onder die spelers was van die beste nog!  Dankie manne.  Ons het ‘n baie jong groep spelers wat voorwaar hul hart uitspeel en hul kant te alle tye bring.  Daar lê ‘n blink toekoms voor vir DP se tennis.

 

Gedurende die eerste kwartaal het 5 spanne aan die PE en Uitenhage Distrikte liga deelgeneem. Gedurende die tweede en derde kwartale het hierdie spanne deelgeneem aan die dubbelspel. Die ander spanne het  ook amper al hul wedstryde gewen, hoewel daar nie ‘n amptelike uitslag verskyn nie.

 

Die junior speler van die jaar is Ricardo Mostert, en die senior speler is Anroe Steyn.

 

Sewe van ons spelers het ook deelgeneem aan ‘n baie leersame Tjaart Vorster Toernooi te Cradock.

 

Twaalf van ons spelers kry ook professionele afrigting by mnr. N. Dorfling. Hy besoek die skool elke Dinsdag. Ons dank gaan dan ook aan hom vir die werk wat hy hier verrig. Verder help mnr. D. Terblanche met die afrigting van die ander spelers terwyl mev. K. Ryan al die tuiswedstryde beheer en mnr. B. Gerber die spelers vervoer na die wegwedstryde.

 

‘n Spesiale geluk aan Ruan Gerber wat gekies is vir die OP-span.

 

Baie geluk ook vir al die prestasies wat ons spelers tydens toernooie gelewer het en veral aan ons bekerwenners.

 

FIETSRY – Mnr. P. Els

 

Die 2013 fietsryseisoen het op Saterdag, 2 Februarie afgeskop met die moeilike bergfietswedren in die Zuurberge by Addo. Die volgende uitslae is in die 30 km wedren behaal:  (0/15) Deon Engels - 3de in 01:12:21 en WJ Kruger - 12de in 01:35:43;  (0/16)(Junior) Ruben de Meyer - 5de in 01:27:09 en Irwin de Meyer - 16de in 01:57:00;  (0/17) Daniel Frost - 3de in 01:20:37 en Kevin Venter - 8ste in 01:32:12  en  Taylor Randall behaal ‘n 5de plek in 02:55:36 in die 60 km wedren.

Op Sondag, 3 Februarie het die Herald/VW Padfietswedren in Port Elizabeth plaasgevind waartydens Irwin de Meyer (0/16) ‘n goeie 2de plek behaal het in die 55 km wedren met ‘n tyd van 01:48:33. Jaco Pitout het die 105 km wedren in 03:22:57  voltooi.        

 

Op Sondag, 24 Februarie het die Daily Despatch/Felt Padfietswedren in Oos-Londen plaasgevind.  Die volgende uitslae is in die 46 km wedren behaal:

Deon Engels 0/15 - 4de met ‘n tyd van 1:36:14; WJ Kruger 0/15 - 10de met ‘n tyd van 2:04:45;  Ruben de Meyer 0/16 - 9de met ‘n tyd van 01:51:16.

In die 100 km wedren behaal Irwin de Meyer (0/16) ‘n 3de plek met ‘n tyd van 03:56:36  en Jaco Pitout (Junior) ‘n 4de plek met ‘n tyd van 03:05:36.

 

Die bergfietsryers het aan die St. Francisbaai 35 km wedren deelgeneem en die volgende prestasies is in die junior ouderdomsgroep (0/17-0/19) behaal:

Taylor Randall  - 1ste met ‘n tyd van 01:21:35 (algeheel 5de), Omri Jacobsz - 3de met ‘n tyd van 01:46:30 en Kevin Venter - 4de met ‘n tyd van 01:58:23.  

 

Op 17 Februarie het Hein v.d. Walt en Malan Steenkamp onderskeidelik 2de en 3de plekke behaal in die tweekampkompetisie by Pollock Beach.  Hierna neem hulle ook op 3 Maart aan ‘n driekampkompetisie deel waartydens Malan ‘n 3de plek en Hein ‘n 4de plek behaal.  Met hierdie goeie uitslae word hulle gekies om die Oostelike Provinsie tydens die S.A. Driekampkampioenskappe op 17 Maart te verteenwoordig.

 

Gedurende die O.P. Tweekampkampioenskappe behaal Hein van der Walt (O/16) ‘n eerste plek en word hy gekies om aan die S.A. Tweekampkampioenskappe deel te neem waar hy ‘n vyfde plek behaal.

 

Die 2de kwartaal wedrenne het op 13 April afgeskop met die harde MERREL – TSITSIKAMMA bergfietswedren waarin ons fietsryers baie goed gedoen het. In die 28 km wedren behaal Kevin Venter (0/17) ‘n 2de plek en Rochjé Petersen (0/15) ‘n 3de plek in hul ouderdomsgroepe.

In die 42km wedren behaal W.J. Kruger (0/15) ‘n 5de plek, Irwin de Meyer (0/16) ‘n 3de plek,  Omri Jacobsz (0/17) ‘n 3de plek en Jaco Pitout ‘n 4de plek in hul ouderdomsgroepe. Taylor Randall 0/19 (Senior) behaal ‘n 5de plek in die hoogs kompeterende 70 km wedren.

 

Tydens die Oos-Kaap Tweekamp Ontwikkelingskompetisie by NMMU op 21 April, behaal Hein van der Walt ‘n 1ste plek en Malan Steenkamp ‘n 2de plek.

Gedurende die Hopewell bergfietswedren op Sondag, 28 April behaal Omri Jacobsz (0/17) ‘n baie goeie 2de plek in die 60 km wedren.

 

Op Saterdag, 11 Mei vind die strawwe Woody Cape Bergfietswedren by Alexandria plaas.  Met baie uithouvermoë en ‘n stukkende fiets behaal Taylor Randall (0/19) ‘n 1ste plek in die 57 km wedren en Irwin de Meyer (O/16) ‘n 1ste plek in die 36 km wedren.

 

Op 5 Mei neem Hein van der Walt aan die S.A. Tweekampkampioenskappe op Potchefstroom deel en behaal ‘n 5de plek in die 0/16–0/17 ouderdomsgroep.

 

Gedurende die Oos-Kaap fietsrykampioenskappe vanaf Vrydag, 17 Mei tot Sondag, 19 Mei is die volgende uitslae deur die 0/16 fietsryers behaal:

Individuele tydtoets - 25 Km:  Hein vd Walt 3de, Malan Steenkamp 5de en Irwin de Meyer 7de.                                                 

Downhill tydtoets – 1.5 km:  Irwin de Meyer 2de en Hein van der Walt 3de.

Hill Climb tydtoets – 1.5 km:  Hein van der Walt 3de en Irwin de Meyer 6de.

 

In die Loerie Bergfietswedren op Sondag, 2 Junie behaal Kobus de Kock (0/14) ‘n 1ste plek in die 15 km wedren en daarna ‘n 3de plek in die Amazing Race Bergfietswedren by Hopewell.  Hier behaal Daniel Frost (O/16) ‘n 1ste plek en Omri Jacobsz (O/17) ‘n 2de plek in die 40 km wedren.  Taylor Randall behaal ‘n 6de plek in die 60 km wedren.

 

Gedurende die Foolish Dag/Nag Bergfietswedren moes die ryers soveel moontlik 7 km rondtes binne 4 ure ry.  Aflosspanne van twee fietsryers elk het vanaf 4 nm. tot 8 nm. teen mekaar meegeding in ope ouderdomsgroepe.  Taylor Randall en Omri Jacobsz behaal hier ‘n baie goeie 5de plek met Daniel Frost en Kevin Venter wat ook goed vaar.

 

GHOLF – Mnr. M. Olivier

 

Die eerste gholfspan speel vanjaar in die A-liga.  Gedurende die eerste kwartaal vaar die eerste en tweede spanne redelik.

 

Gedurende die Maart/Aprilvakansie toer die gholfspan na Mosselbaai en George.  Die seuns speel op die pragtige bane van Kingswood, Oubaai en Pinnacle Point.

 

Tydens die winterliga in die 2de kwartaal vaar die gholfspan uitstekend en wen al hulle wedstryde.  Tydens die naggholf neem 16 DP seuns (van die 24 spelers) deel en Jaryd Allers wen die kompetisie.

 

Tydens die derde kwartaal vaar die gholfspan ook uitstekend en klop skole soos Framesby, Grey, Nico Malan en Westering.

 

Die A-span was Dillon Eksteen, J.P. Daniell, Tiaan du Toit en Jaryd Allers.

 

Die gholfspan beoog om tydens die Septembervakansie na Oos-Londen te toer.

 

Baie geluk aan al die spelers wat so hard geoefen het;  julle was ware ambassadeurs vir die skool.  Ons is trots op julle en sterkte vir die res van die seisoen.

 

NETBALL– Mrs E. Niemand

 

The 2013 netball season was a very successful season.  The first term was to get players fit for the year.  We took part in the Despatch Sports Festival, where the

U/16's and the 1st team both won 2 of their 3 games.

 

We began the second term with a netball course offered by NMMU Spar Ladies.  We also invited Bergsig and Strelitzia to participate.  The girls learned a lot from this course.

 

Our three teams (U/14, U/16 and 1st) competed against different schools in the C-league this year.  The U/14’s won 6 of their 8 games, the U/16’s 7 of their 10 games and the 1st team won 8 of their 10 games.

 

Thanks again to our sponsors, Mrs L. Volschenk for sponsoring our white long-sleeved T-shirts and Spar Levyvale for the food parcels they sponsored for the netball course.

 

Thanks also to Mrs Aneri van der Berg and Mrs Elna Strydom for their help at the netball.  It is greatly appreciated.

 

RUGBY – Mnr. J. du Toit

 

Die 2013-rugbyseisoen het met ‘n wedstryd teen St. Andrew’s van Grahamstad afgeskop.  Die junior spanne het hulle goed van hul taak gekwyt en al hul wedstryde gewen.  Dit het moeiliker gegaan op senior vlak en die eerstespan het hul wedstryd verloor.  Die daaropvolgende naweek was ons gasheer vir Oakdale Landbouskool van Riversdal.  Dit is ‘n baie sterk rugbyskool en Daniel Pienaar het hul goed van hul taak gekwyt en net twee wedstryde verloor.  Al die A-spanne, sowel as die eerstespan, het hul wedstryde gewen.  Dit was ‘n geskiedkundige oorwinning vir die eerstespan.

 

Die O/14A-, O/15A-, O/16A- en die eerstespan het gedurende die Aprilvakansie aan verskeie toernooie deelgeneem.  Die O/14’s en O/15’s het kragte gemeet met Boland Landbou, Garsfontein en Diamantveld.  Die O/14’s het twee wedstryde  gewen en een verloor.  Die O/15’s het twee wedstryde gewen en een gelykop gespeel.  Die O/16-span het by Grey High School teen Grey en Rondebosch kragte gemeet.  Hulle wen teen Rondebosch en verloor op ‘n kontroversiële wyse teen Grey.

 

Die eerstespan reis na St. John’s in Johannesburg waar hulle drie wedstryde gespeel het, onder andere teen die nommer een span in die land – Paarl Boys High.  Hulle lewer ‘n moedige vertoning en verloor op die ou einde 36-14.  Hulle wen die daaropvolgende wedstryde teen die FNB uitnodigingspan en Windhoek Gimnasium.

 

Na die Aprilvakansie speel Daniel Pienaar teen Framesby.  Al die spanne het hul wedstryde gewen, behalwe die eerstespan.

 

Daniel Pienaar se eerstespan was bevoorreg om na die Sanix World Youth Rugby Tournament in Japan genooi te word.  Dit was as gevolg van die goeie uitslae van die eerstespan van 2012.  Hulle reis na Fukuoka in Japan waar hul kragte gemeet het met die nommer 1 skole van Nieu-Seeland, Australië, Frankryk, Kanada, Rusland, Engeland en Japan.  Hulle wen die eerste vier wedstryde en eindig dus eerste in hul poel, waarna hulle in die semi-finaal naelskraap verloor  teen Engeland.  Hul eindig vierde uit die 16 spanne wat deelgeneem het.  Dit was ‘n wonderlike ervaring vir die seuns, nie net op rugbygebied nie, maar ook op kulturele gebied.

Die daaropvolgende Saterdae neem DP deel teen sy tradisionele teenstanders naamlik Marlow, Grey, Brandwag, Oudtshoorn en Noord-Kaap.  Dit gaan besonder goed met die junior spanne.  Dit het veral goed gegaan met die O/16A-span wat hul wedstryd teen Grey gewen het.  Let ook daarop dat die junior spanne geen wedstryde teen Framesby, Brandwag en Marlow verloor het nie.

 

Daniel Pienaar het in 2013 ‘n aantal provinsiale spelers opgelewer, naamlik Denvér Kleu, Lupumlo Mguca, Heino Bezuidenhout, Immanuel Libbok en Duan du Plessis.  Hulle het die O/16 Grant Khomo week te Vereeniging bygewoon.  Die seuns het baie goed gevaar en ons hoop om hulle in die O/16 Elite oefengroep van SARU te sien.  Arno Lötter is opgeneem in die OP O/18 Cravenweekspan.  Arno het in twee van hul drie wedstryde gespeel en hom goed van sy taak gekwyt.

 

Na aanleiding van die uitslae van die tradisionele rugbybepalings van Daniel Pienaar, kan daar met groot opgewondenheid uitgesien word na die volgende paar jaar.  Dit was ‘n moeilike jaar vir die senior groep, maar hulle het deurgaans hard probeer en baie veggees getoon.

 

LANDLOOP – Mnr. M. Slabbert

 

Landloop het vanjaar weer goed presteer.  Ons word in die distrik gekenmerk deur ons steeds groeiende getalle, ons atlete se goeie gedrag en hul toegewyde deelname aan die ligabyeenkomste. 

 

Enige leerder kan kom deelneem aan landloop, al beoefen hul reeds ‘n ander sport.  Deelname aan die kompetisies is vir ons belangrik en ‘n leerder kan dus steeds aktief ‘n ander sport beoefen.  Ons visie is om Daniel Pienaar te kan verteenwoordig met ten minste 4 atlete per span, in al die ouderdomsgroepe vir beide seuns en dogters.

 

Die jaarlikse landloop distriksprysuitdeling vind eers plaas op 10 September 2013, maar nie-amptelik hoop ons om van die spankompetisies te wen. 

  Amoiné Blauw behoort die trofee te wen in die dogters onder 15 afdeling, nadat sy al 6 liga byeenkomste gewen het en maak dalk geskiedenis hier by DP! 

  Avuyile Gqeke vaar ook goed in die seuns onder 17 afdeling en eindig net-net tweede, nadat hy 2 van die ligabyeenkomste gewen het.

Baie geluk aan dié 2 atlete en dit lyk asof hulle albei in die O.P. Metrospan opgeneem is, wat eersdaags aan die O.P. Kampioenskappe in Humansdorp gaan deelneem.  Voorspoed aan julle!

 

Tydens die O.P. Metro Kampioenskappe by St. Albans het 13 van ons atlete deelgeneem.

 

Baie dankie aan elke atleet se deelname en toewyding vanjaar.  Ons sien uit na die 2014-seisoen!

 

Liga uitslae – Top 10 Gemiddeld

           

Atleet

Groep

1

2

3

4

5

6

Amoiné Blauw

D/15

1

1

1

1

1

1

Jessica Krüger

D/15

6

4

4

5

-

5

Chandré Farao

D/17

8

7

6

6

7

7

Christal Boucher

D/17

10

5

8

8

6

6

Leé-Ann Naude

D/19

7

8

5

5

3

6

Sherwin Bakers

S/16

-

11

7

8

8

11

Avuyile Gqeke

S/17

1

-

3

1

3

3

 

 

MUURBAL – Mnr. W. Boshoff

 

Deur die seisoen was daar gemengde welslae in die ligawedstryde met die drie spanne.  Die eerste span het wedstryde verloor, teen die verwagting, maar ook heelwat gewen met puik spel en uitstekende veggees.  Die tweede en derde spanne speel ook gereeld teen ander skole se eerste en tweede spanne, deurgaans met goeie uitslae. 

 

Drie spelers behaal OP-kleure:  Bradley Petrus O/19A, Neal Woodburn O/19B en Denrick Mulder O/16B.  Denrick is in Gr. 9 en sal dus volgende jaar ook nog in O/16 deelneem.

 

Ons dank aan Swifts Muurbalklub vir puik fasiliteite wat die spelers kan gebruik asook lede se positiewe aanvaarding van jong spelers deur middel van hulp met ekstra afrigting.  Enkele seuns word ook in die mansligawedstryde geakkommodeer, wat hulle goeie blootstelling gee.

 

SKAAK – Mnr. G. van Niekerk

 

Die baie goeie gees en onberispelike gedrag by alle wedstryde was die afgelope jaar baie opvallend.  Ons A-span het twee van ons ligawedstryde gewen en drie verloor. Die B-span het ‘n uitstekende jaar beleef;  hulle het al hul wedstryde gewen.  Al die spelers is in graad 8 en 9, en juis omdat ons ’n groep jong spelers in die span het, lyk die toekoms van skaak by Daniel Pienaar baie goed.  Ons sien baie uit na volgende jaar en al die uitdagings wat voorlê.

 

A-Span: Verloor 4-3 teen Brandwag

                 Wen 4-3 teen St. George’s College

                 Verloor 5-2 teen Muir College

                 Verloor 4-3 teen Westering

                 Wen 4-3 teen Pearson

 

B-Span: Wen 6-1 teen Sanctor B

                 Wen 5½-1½ teen Cillié

                 Wen 5-2 teen H.T.S. Newton

                 Wen 7-0 teen Strelitzia B

                 Wen 4-3 teen Cape Recife

 

SWIMMING – Mrs C. Marais

 

During the 2012-2013 season our learners did exceptionally well at swimming and represented the Eastern Cape at different venues.  Ruan Jonker (Gr 12) swam at the Top 8 and received the Victor Ludorum at this event.  He also represented EP in Oudtshoorn.  Keenan Gunter (Gr 8) also swam at the Top 8 gala.  Taylin Sauls (Gr 9) represented EP in Cape Town.  Manuel Strydom (Gr 8) achieved level 3 and was representing EP in Durban.  Well done to all of our swimmers and keep up the committed training regime!

 

 

MOTORSPORT – Mr M. Kleingeld

 

The Daniel Pienaar Motorsport Team continued to show growth over the past year with an increase of students competing in the Eastern Province Karting Championship.  Further to this, two of the past students have obtained permanent employment within the motorsport industry, and this was one of the main objectives of having motorsport recognized as a sport at the school.

Justin Venter (Grade 9)

·        Competing in the 2013 Regional Karting Championship

Jeandré Marais (Grade 9)

·        Placed 2nd in the Regional Karting Championship in 2012

·        Currently leading the 2013 Regional Karting Championship

Ashley Bezuidenhout (Grade 9)

·        Placed 1st in the Regional Karting Championship

·        Placed 1st in the Club Karting Championship

·        Placed 9thin the South African Karting Championship

·        Currently Time Keeping & Scoring at all Regional and National MSA events

 

 

SPORTPRYSUITDELING

 

EREGASTE

 

Mnr. & Mev. Dawie Human

Mnr. & Mev. Leon Eksteen

Mnr. Gerrie van der Merwe

Mnr. & Mev. Johan Kleu

Mnr. Ian MacGregor

mnr. & Mev. P. Hugo (Handhaaf)

Mnr. & Mev. J. Harmse (Susannah Fourie)

Mnr. & Mev. Jakes van der Merwe

 

 

Read 2365 times Last modified on Wednesday, 30 October 2013 19:26
More in this category: Daniel Pienaar Sport »