• Banner2016
Friday, 05 September 2014 11:53

Sport Verslag 2014

VOORWOORD

Ons het vanaand ongeveer 80 sportpresteerders teenwoordig wat toekennings gaan ontvang, maar by Daniel Pienaar gaan dit egter nie net om die presteerders nie.  Ons bring ook by hierdie geleentheid hulde aan die groot getal sportdeelnemers in ons skool wat nie vanaand teenwoordig is om toekennings te ontvang nie.  Leerders wat week na week oefen en hulle beste vir ons skool op die sportvelde lewer en dit vir individue moontlik maak om bo-gemiddeld en uitsonderlik in sport te presteer.  Baie dankie vir hulle aandeel in suksesse wat behaal is.

Maar, vanaand gaan oor julle, ons sportpresteerders.  Baie geluk aan ons sportmanne en -vroue met julle prestasies en toekennings wat julle vanaand gaan ontvang.  Ook aan u as ouers, baie geluk met die prestasies van u kinders.

Ek gaan nie vanaand ‘n volledige verslag lewer oor die sportgebeure van ons skool die afgelope jaar nie.  Om die hele verslag te lewer gaan lank neem en om slegs na sekere aspekte en hoogtepunte in elke sportsoort te verwys, mag afbreek doen aan die korrekte konteks en sal ‘n herhaling wees van wat u vanaand hier op die verhoog gaan sien.  Ons het moeite gedoen om ‘n volledige skriftelike verslag van elke sport saam te stel. Daar is kopieë aan die einde van die geleentheid beskikbaar.  Vergun my egter die geleentheid om enkele gedagtes in die algemeen met u te wissel.

Die prestasies van ons sportmanne en –vroue in die verskillende sportspanne die afgfelope jaar, was oor die algemeen baie bevredigend.  Ek wil egter in die dieselfde asem ook sê dat ons nie in alle opsigte volgens potensiaal presteer het nie. Tydens my teenwoordigheid by sportwedstryde is daar ‘n belangrike bestanddeel wat volgens my waarneming soms ontbreek het, en dit was dikwels die verskil tussen wen en verloor en ek wil vanaand kortliks daarna verwys.

Die essensie van wat ek wil sê, kom neer op die verskil tussen goeie sportmanne en vroue en goeie spelers – the difference between good athletes and great players.  Often our good athletes are not great players in a match.

As die hoë kompeterende vlak en intensiteit van ons deelname in ag geneem word, dan is talent en fisiese vermoëns soos spoed, grootte, vaardighede en kondisie, nie ‘n waarborg vir sukses nie.

My wens is dat ons ‘n skool met “great players” sal wees.  Die vraag is wat is nodig om ‘n goeie speler te wees.  Ek verwys kortliks na VYF faktore wat bepalend is vir ‘n goeie sportman om ‘n goeie speler te wees.

Doelwitstelling / Goal setting - Realistiese doelwitte is die eerste stap vir die verkryging van motivering en selfvertroue, om sodoende optimaal te presteer.

Motivering / Motivation - Motivering is 'n vaardigheid wat behoorlik bemeester moet word alvorens 'n sportman kan verwag om konstante hoë vlakke van selfvertroue en prestasie te toon.

Selfvertroue / Self confidence - Die speler se geloof in sy eie vermoëns. Spelers wat selfversekerd is, dink en speel anders as spelers met lae selfvertroue.

Konsentrasie / Concentration - Nog 'n sleutelbestanddeel vir prestasie is die vermoë om gedurende deelname te kan konsentreer.  ‘n Breek in konsentrasie op kritieke oomblikke kan die hele momentum van  ‘n span verbreek en selfs ontspoor.

 

·      In netbal nie te bondel nie, maar om in oop spasies in te beweeg.

·      In krieket kop af met vertikale kolf ‘n dryfhou te speel.

·      In tennis die deurswaai van die arm wanneer ‘n hou gespeel word.

·      In rugby die regte dra en plasing van die bal in kontak, om besit te behou.

 

Optimale prestasie onder druk (streshantering of emosionele intelligensie)

Baie spelers beskik nie oor die vermoë om druk positief te gebruik vir beter prestasie nie. Die druk wat hulle voor, tydens en na wedstryde ervaar, is oorweldigend en het eerder 'n negatiewe invloed op hulle prestasie en funksionering.

Al hierdie belangrike faktore sal dus vir ons in staat stel om al die harde werk wat tydens af- en voorseisoen kondisionering en oefeninge ingesit is, tot voordeel van onsself en die span te gebruik.

Ek verwys ook by hierdie geleentheid met trots na die kwaliteit van ons speeloppervlaktes vir die onderskeie sportsoorte.  Ons het deurlopend baie goeie komplimente ontvang van ondersteuners en besoekers vir die baie goeie toestand van versorging van ons atletiekbaan, krieketkolfblaaie en rugbyvelde.  Daar is die afgelope jaar weer ‘n baie goeie standaard gestel. Alhoewel alles ‘n spanpoging behels, sonder ek graag vir ons landgoedbestuurder, mnr. Martin Ferreira en onderhoudsman, mnr. Reon Jonker en werkers in hierdie verband uit.  Groot dank en waardering aan hulle.

Met beperkte fondse is ons egter voortdurend besig om ons fasiliteite te verbeter.  Drie van ons tennisbane word op die oomblik oorgedoen en beloof om pragtig te wees as alles klaar is.  ‘n Krieketklubhuis met kleedkamer en toilette is gebou en die B-krieketveld se kolfblad is van rigting verander. 

All the successes in the sporting activities would however not have been possible without the huge and dedicated input by teachers who were involved in coaching and have spent many hours away from their homes and families, non-teaching staff who assisted with administration, staff members and parents who have provided catering and food and many other contributions.  Thank you very much to everyone.

Thank you also to all parents and other supporters for your enthusiasm, encouragement, loyalty, and passionate support towards Daniel Pienaar.  Dankie ook vir die baie sterk verwagting om te presteer, wat ons ouers en ondersteuners t.o.v. ons skool lewendig hou.  Dit is vir ons ‘n groot aansporing, maar ook soms ongemaklik wanneer kritiek op ‘n onsensitiewe wyse teenoor mede-ondersteuners, leerders en afrigters uitgespreek word.  Ons verwelkom kritiek, solank dit in konteks, sensitief en opbouend is.

Thank you also to all our sponsors.  Your involvement and contributions make many opportunities possible for our learners.  These opportunities make a valuable contribution towards their educational and personal development.

Baie dankie ook aan ons sporthoof, mnr. Du Preez en die organiseerders vir die onderskeie sporte, vir hulle besondere toewyding en baie deeglike en goeie organisasie.

Daar is die afgelope jaar weer duisende kilometers na sportbyeenkomste regoor ons land gery sonder enige teenspoed.  Baie dankie aan ons onderwysers wat die bussies veilig bestuur het.  Alle eer en dank ook aan ons Hemelse Vader vir Sy beskerming, voorsiening en Seën in soveel opsigte.

 

N.J. Claassen

SKOOLHOOF

 

 

ATLETIEK - Mnr. Z. Kemp

 

INTERHUISBYEENKOMS  (20-24 JAN. 2014)

Die atletiekseisoen het afgeskop met die Interhuisbyeenkoms wat deur Pienaar gewen is. 4de: Mac Jannet, 576 punte;  3de: Maritz, 600 punte;  2de: Wilken, 649 punte;  1ste: Pienaar, 653 punte. 

UITENHAGE DISTRIKSBYEENKOMS (14-15 FEBR. 2014)

Tydens die Distriksbyeenkoms wat plaasgevind het by Despatch het Daniel Pienaar  85 atlete ingeskryf vir die byeenkoms.  45 atlete het deurgedring na die Metro byeenkoms.  21 - 1ste plekke, 20 - 2de plekke, 12 - 3de plekke en 9 - 4de plekke is behaal.

METROBYEENKOMS (O.P. SKOLE) (22 FEBR. 2014)

Tydens die Metrobyeenkoms wat plaasgevind het by die Oval het Daniel Pienaar 45 atlete ingeskryf en die volgende posisies behaal:  10 – 1ste plekke, 9 – 2de  plekke en 14 – 3de plekke.

OP JUNIORS/SENIORS KAMPIOENSKAPPE (7-8 MRT. 2014)

Tydens die byeenkoms het ses van ons atlete deelgeneem by NMMU en die volgende posisies behaal:  2 – 1ste plekke, 2 - 2de plekke en 3 – 3de plekke.

OOS-KAAP KAMPIOENSKAPPE (14-15 MRT. 2014)

Die byeenkoms het plaasgevind op Cradock en die uitslae is as volg: 

3de plekke:

D. Hewitt O/15 Seuns 300 m H;  M. Strydom O/15 Seuns Hamergooi;  D. Kleu O/17 Seuns Spiesgooi; J. Smal  O/17 Seuns 400 m H

2de plekke:

T. Lange O/14 Seuns 300 m H en  J. Saayman O/14 Seuns Verspring

1ste plek:

T. Lange 0/14 Seuns 100 m H

SA SKOLE KAMPIOENSKAPPE (26-29 MRT. 2014)

Hierdie byeenkoms het plaasgevind in Pietersburg en die enigste atlete wat vir die span gekies is, was:  Tiaan Lange  0/15  Seuns  100 m H, Emile Slater  0/15  Seuns  Paalspring en Manuel Strydom   0/15   Seuns   Hamergooi/Diskus.  Al drie het in die uitdunne uitgeval.

SA SUB-YOUTH, YOUTH AND JUNIOR CHAMPIONSHIPS (3-5 APR 2014)

Hierdie byeenkoms het plaasgevind in Stellenbosch en die enigste atlete wat vir die span gekies is, was:  Manuel Strydom  O/15  Seuns  Hamergooi en Denvér Kleu  O/17 Seuns  Spiesgooi.  Beide atlete het uitgeval in die uitdunne.

Baie geluk aan dié atlete asook al die atlete wat hard geoefen het en tydens die seisoen presteer het.  Baie dankie aan al die afrigters vir die tyd wat hulle ingesit het om te verseker dat hulle atlete tot die beste van hulle vermoë kon presteer.

 

GHOLF – Mnr. M. Olivier

Gedurende die gholfseisoen speel Daniel Pienaar met ‘n A- en B-span in die liga.

Ons B-span wen hul liga gemaklik en ons A-span lewer baie goeie vertonings.  Hulle het gelykop gespeel teen Grey en D.F. Malherbe wat die O.P. kampioene is.

Ons het ook twee O.P. O/15-gholfspelers opgelewer, naamlik Edrich Jonck en Curtley Stofberg.

Tydens die skoolkampioenskappe wen Tiaan Delport.  Tydens die skoolvakansie beplan ons ‘n gholftoer na Suid-Kaap.

Dankie aan al ons gholfspelers vir al hul opoffering en ondersteuning.

 

SKAAK – Mnr. G. van Niekerk

Een skaakspan verteenwoordig hierdie jaar die skool. Die skaakspelers by die skool word veral verteenwoordig deur baie jong spelers wat net goed voorspel vir die toekoms.

Ons span speel in die B-liga en het tot op hede vier van hul ses wedstyde gewen.

J.J. Swanepoel is verlede jaar gekies om die Oostelike Provinsie O/16-skaakspan te verteenwoordig.

Uitslae is soos volg:

Rondte 1: DP vs Westering  verloor 1-6

Rondte 2: DP vs Alexander Road wen  5-2

Rondte 3: DP vs DF Malherbe wen 4-3

Rondte 4: DP vs Die Brandwag  verloor 3-4

Rondte 5: DP vs Framesby wen 4-3

Rondte 6: DP vs Pearson wen 5-2

 

FIETSRY – Mnr. P. Els

Gerrit Rautenbach  (Sub Junior – 0/14) het vanjaar die XC bergfietsbane aan die brand gery.  In die reeks van vier provinsiale uitdunwedrenne het hy met eerste en tweede posisies in al die wedrenne gekwalifiseer om die Oos-Kaap gedurende die SA kampioenskappe te verteenwoordig.  Gedurende die SA kampioenskappe word hy nasionaal in die algehele 4de posisie geplaas en 2de in die Oostelike Provinsie.

Die Tsitsikamma Bergfietswedren het op Saterdag, 12 April plaasgevind en die volgende uitstekende prestasies is behaal:

 

Naam Ouderdom Afstand  Tyd Posisie in ouderdomsgroep
Gerrit Rautenbach     O/14  42km 2:02:05     1ste
Kobus de Kock     O/15  42km 3:09:44     2de
Manuel Strydom     O/15  28km 1:39:59     2de
Wian Labuschagne     O/15  28km 1:45:19     3de
Omri Jacobsz     O/18  42km 2:11:17     6de

 

Op Sondag, 4 Mei, gedurende die Kouga Bergfietswedren by Zuurbron naby Humansdorp behaal Gerrit Rautenbach (O/14) ‘n 2de plek, Wian Labuschagne (O/15)  ʼn 3de plek en Kobus de Kock (O/15) ʼn 4de plek.

Die Nanaga Bergfietswedren op Sondag, 11 Mei was ʼn moeilike roete, maar ons fietsryers het steeds goed gepresteer. In die 30 km wedren behaal Gerrit Rautenbach ʼn 1ste plek in ʼn tyd van 1:59:09 en Wian Labuschagne ʼn 3de plek in ʼn tyd van 2:27:05.

Die Bushbuck 40 km bergfietswedren by Hayterdale naby Zuurberg was ʼn uitdagende wedren met baie tegniese dele. Ons O/15-ryers het hulle nie laat afskrik nie en behaal die volgende prestasies: Bailey Heyman 1ste in ʼn tyd van 3:08,19 en Manuel Strydom 2de in ʼn tyd van 3:21,54.

Ook op die pad behaal die fietsryers goeie uitslae. Op Maandag, 16 Junie behaal Kobus de Kock ʼn 2de plek en Manuel Strydom ʼn 4de plek (met bergfiets) in die 84 km en Irwin de Meyer behaal ʼn 1ste plek in die 96 km.

Malan Steenkamp en Irwin de Meyer het ook aan die SA Driekamp Kampioenskappe in Oos-Londen deelgeneem waar Malan ʼn goeie sewende plek behaal het.

Gedurende die ITU Wêreld Driekamp Kampioenskappe op 27 April in Kaapstad, behaal Malan Steenkamp ‘n uitstekende 2de posisie in sy ouderdomsgroep in die Individuele Naelren (Sprint) afdeling.

Een van die hoogtepunte van die jaar was die reeks van drie Spur Interskole Bergfietswedrenne. Hier wen HTS Daniel Pienaar al drie wedrenne en dus ook die kompetisie.  Nege-en-dertig skole van Port Elizabeth omgewing het aan die kompetisie deelgeneem.  Gerrit Rautenbach en Manuel Strydom behaal in hierdie kompetisie ook hulle Oos-Kaap Bergfiets Skole Kleuretoekennings.

 

             Posisie in ouderdomsgroep
Naam Oud. 1ste Wedren 2de Wedren 3de Wedren
Gerrit Rautenbach 0/14 2de 2de 2de
Dieter Marais 0/14 5de 7de 3de
Manuel Strydom   (O/15) 0/16 3de 3de 2de
Munro van Aardt   (O/15) 0/16 5de 5de 4de
Kobus de Kock     (O/15) 0/16 4de 4de  
Wian Labuschagne (O/15) 0/16 2de    
Baily Heiman        (O/15) 0/16     3de

Die fietsryers neem ook deel aan die Down2Earth en Foolish Frenzy Day/Night ope bergfietswedrenne, waar goeie uitslae behaal is.

Gedurende die distrikskampioenskappe op Saterdag, 9 Augustus behaal Manuel Strydom ‘n goeie 4de posisie.

 

TENNIS - Mev. H. Laubscher

Gedurende die eerste kwartaal het vyf spanne aan die PE en Uitenhage Distrikte liga deelgeneem.  Ons spanne het baie goed gevaar deurdat die tweede span 3de, die derde span 1ste, die vierde span ook 1ste en die vyfde span 2de in hul onderskeie ligas geëindig het.

Sewe van ons spelers het ook deelgeneem aan ‘n baie leersame Tjaart Vorster Toernooi te Cradock. Die seuns geniet hierdie toernooi baie.

Mnr. D. Terblanche behartig die afrigting van ons spanne.  Daar is drie keer per week afrigting en die vierde dag (Donderdae) vind ons wedstryde plaas.  Mev. K . Ryan beheer al die tuiswedstryde en mnr. B. Gerber vervoer die spelers na die wegwedstryde.

 

SWIMMING – Mrs C. Marais

The swimmers had a very good season and we are proud to report that there were many success stories.

The season started with a number of A-league galas where Taylin Sauls, Manuel Strydom and Dieter Marais took part.  At the end of the season Taylin and Manuel had qualified for the Level 2 gala in Oudtshoorn.

Manuel also represented EP at the inter-provincial gala where he secured a bronze medal, a silver medal and a gold medal. 

Taylin, Manuel, Irwin de Meyer and Dieter Marais also took part in the Midmar Mile near Pietermaritzburg.  This is the biggest open water event in the world.  Here the team did well and managed to end in the top 50% of participating teams. 

Some of the swimmers also took part in the B-league galas and we were fortunate that three of our swimmers were invited to the TOP 8 gala.  Keenan Gunter, Malan Steenkamp and Dieter Marais represented the school at this event and we are proud to announce that Malan won 2 gold medals and 2 silver medals for his four events.  Dieter won a silver medal for breaststroke.

Manuel also took part in the NMBA Championships where he was very successful.

Many of the learners also took part in the Spar River Mile in February. This fun-filled event was enjoyed by all.

During the Open Water Season, Manuel and Dieter also took part in the Metsi Open Water Series.  Manuel managed to swim national qualifying times twice in the 3km event.  Dieter took part in all the races and managed to swim national qualifying times three times in this event.  Malan also took part in the 1 km event.  Dieter was also the u/13 EP 3km champion.

During the Jeffreys Bay Winterfest, Dieter took part in the extreme swim on 12 July and finished the 2,5km swim in 6th place in 10.5˚C water.

We are looking forward to a great season with many more highlights.

 

 

LANDLOOP – Mnr. M. Slabbert / Mnr. P. Bakkes

Die landloopseisoen het vanjaar uit 5 ligabyeenkomste in die Uitenhage / Despatch Distrik bestaan.  Al die ligabyeenkomste het by die Strelitzia dam plaasgevind en 14 hoërskole het hieraan deelgeneem.  Landloop is ‘n steeds groeiende sport in Daniel Pienaar en ons atlete vaar baie goed. 

Afstande was soos volg:

 

Afdeling Afstand
Meisies /14 tot /19 4 km
Seuns /13 tot /15 4 km
Seuns /16 tot /19 6 km

 

Top 10 – Liga uitslae:

 

Atleet Afdeling Liga 1 Liga 2 Liga 3 Liga 4 Liga 5
Sonica Viljoen M/15 8 5 - 7 8
Amoiné Blauw M/16 1 1 1 1 -
Jaqueline Joggems M/16 4 6 5 6 -
Christal Boucher M/19 3 6 7 6 5
Eddie Boucher S/13 4 4 2 3 3
Louis Hugo S/14 3 3 4 5 3
Pieter Scheepers S/15 8 9 10 8 9
Sherwin Bakers S/17 4 7 4 12 -
Avuyile Gqeke S/19 5 4 5 4 4

 

Distriksprysuitdeling:

 

•  15 DP atlete ontvang volhardingsertifikate

•  Wenners van skild in spankompetisie – Seuns O/14 - Louis Hugo en Dandré Voigt

•  Tweede plek in spankompetisie - Meisies O/16 - Amoiné Blauw en Jaqueline Joggems

•  Individuele trofeewenner - Meisies O/16 - Amoiné Blauw

 

 

O.P. Metro Kampioenskappe – Uitslae en atlete gekies vir O.P. Metrospan: 

 

 

•  Amoiné Blauw - 2de Plek (silwer medalje) - M/16

* Jaqueline Joggems – 3de plek (brons medalje) – M/16

•  Eddie Boucher  - 5de Plek - S/13

•  Sherwin Bakers - 5de Plek - S/17

•  Avuyile Gqeke - 2de Plek (silwer medalje) - S/19

Ongelukkig kan net die eerste 3 atlete op 5 en 6 September 2014 aan die O.P. Kampioenskappe in Bizana gaan deelneem.  Alle voorspoed aan die drie atlete.

 

Daniel Pienaar 2014 Trofeewenners:

 

•  Junior trofee - Eddie Boucher

•  Senior trofee - Amoiné Blauw

 

Baie geluk aan al ons atlete met die prestasies, asook opregte dank aan elkeen se toewyding en getroue deelname.  Ons sien uit na die 2015-seisoen!

 

NETBALL– Mrs E. Niemand

The 2014 netball season was a very successful season.  The first term was to get players fit for the year. 

For the 1st time in history, we had four teams (U/14, U/16, 2nd and 1st) this year.

Our teams competed against different schools in the C-league this year.  The U/14s won 6 of their 7 games, the U/16s 4 of their 5 games, the 2nd team won 5 of their 7 games and the 1st team won 5 of their 7 games.  Two of our 1st team players were invited to the final EP Trials in East London.

We are very grateful to our sponsor, La Mirage, from Somerset East, for sponsoring our 1st team uniforms.

Thanks also to Mrs Elna Strydom for her help at the netball.  It is greatly appreciated.

 

CRICKET – Mr Z. Sirkhotte

Daniel Pienaar cricket ended a successful 2014 season at the end of the first term.

Seven teams participated in different age groups in the various leagues.  Our junior teams had mixed success during the season.

DP 1st XI won eight of the ten 50-over matches they played.

Highlights of the season include:

-   Adrian Leibbrandt being selected for the  EP U/15 team

-   1st team winning all their matches at the Union Cricket Festival in Graaff-Reinet in

    January 2014

-   Five players being selected for the EP District team:  Kenan Smith, Dylan le Roux,

    Morné Labuschagne (U/15), Denvér Kleu & A.J. Leibbrandt (U/17).

Our cricketers follow a winter programme and are hard at work.  The key areas that we are focusing on are sharpening of skills and techniques in the various disciplines, i.e. batting, bowling and fielding.  Various tours are planned for our teams at the end of the third term.  Our 1st and U/14 teams will be going to Kimberley, and the 2nd  and U/15 teams to Mossel Bay and George respectively. 

Thank you to Mr Martin Ferreira for all his hard work during the season with the preparation of the wickets as well as the maintenance of our fields and practice facilities.

A special thanks to all the coaches for their enthusiasm and professionalism throughout the season.  We also wish to thank our parents who supported our teams during the season.

 

MOTOR SPORT – Mr M. Kleingeld

The Daniel Pienaar Motorsport Team has hugely grown in the past year with an increase of learners performing as mechanics, drivers, navigators  and officials at all levels of the sport. In the past twelve months, Daniel Pienaar old boys continued to win championships in various facets of the sport, with Jacques Louw winning the Algoa Rally Club 50K(R50 000) Challenge in his rookie year of rallying and  Chassen Bright winning the Super Rok South African Championship with one round still remaining. 

Daniel Pienaar was in the privileged position to host one of the annual time trials of Algoa Rally Club (ARC) – a track on the premises was used three times.  The pit was also behind the A-field pavilion where spectators and participants could meet whilst surveying the cars.  There were twenty-two entries of which two were old boys.  This was a wonderful event that also strengthened ties with ARC.  We thank ARC for allowing us to be part of this exciting event.

DP Motorsport continues to grow and produce champions in every aspect of motorsport in South Africa.

 

RUGBY – Mnr. J. du Toit

Die 2014-rugbyseisoen skop af op Grahamstad teen St. Andrews.  Die junior spanne gee goed rekenskap van hulself en al die A-spanne wen hul wedstryde. Die eerstespan sorg vir ‘n aangename verrassing en klop St. Andrews die eerste keer op hul tuisveld.

Die daaropvolgende week reis ons na Oakdale op Riversdal waar ons kragte meet met ‘n sterk rugbyskool op hul tuisveld.  Dit is ‘n moeilike dag vir Daniel Pienaar, maar die seuns probeer deurgaans.  Die eerstespan verloor hul wedstryd 33-10.  Baie geluk aan die O/15A-span wat hul wedstryd wen.

Die O/14A-, 15A-, 16A- en eerstespan neem deel aan verskillende toernooie in die vakansie.  Die O/14’s en O/15’s is in George by die Kwaggaweek.  Die O/14-span speel twee wedstryde gelykop en wen een.  Die O/15-span sluit die week onoorwonne af.  Die O/16’s speel by die Grey Festival teen Selbourne en probeer moedig.  Die eerstespan speel by die Grey Festival teen Jeppe (top 10 skool) en verloor 9-10.  Direk daarna vertrek die eerstespan na die Woestyn Rugbyfees te Walvisbaai.  Hulle speel teen die top 3 rugbyspanne van Namibië en sluit die week onoorwonne af.  Die seuns geniet die toer baie en vind dit baie leersaam (nie net op die rugbyveld nie).

DP rugby skop af in die tweede kwartaal met wedstryde teen tradisionele opponente soos Framesby, Brandwag, Otto du Plessis en daar was ‘n nuwe toevoeging tot ons bepalings, naamlik Pearson.  Wedstryde teen Framesby en Brandwag was beide harde wedstryde op ‘n hoë standaard vir ons jong eerstespan.  Die eerstespan verloor teen Framesby 22-14 en teen Brandwag 10-9.  Die junior rugbyspanne kwyt hulle goed van hul taak en wen die meeste wedstryde.

Teen Otto en Pearson het al ons spanne gewen.  Die eerstespan wen Otto 62-5 en Pearson 42-10.  Die nuwe bepaling teen Pearson was ‘n groot sukses en dit is ‘n goeie toevoeging tot ons rugbykalender.

Die derde kwartaal skop af teen Grey High.  Dit is ‘n groot rugbydag en 14 spanne neem deel.  Dit is harde rugby en ons seuns gee deurgaans hulle beste.  As daar na die tellings gekyk word, was die dag baie meer gelykop as voorheen.  Die eerstespan speel goed en lewer amper ‘n verrassing.  Hulle word in die laaste minute geklop.

Die volgende week word daar teen Nico Malan kragte gemeet waar DP 8 uit 10 wedstryde wen.  Die eerstespan verloor in die laaste minuut met ‘n strafskop wat die telling 19-17 maak.

Ons sluit die seisoen af met die reis na Marlow Landbouskool.  Dit is ‘n lang dag vir ons seuns wat vroeg moes opstaan en reeds vyf ure op die pad was.  Die seuns doen baie goed en wen die helfte van die dag se wedstryde.  Die eerstespan verloor ‘n baie opwindende wedstryd teen ‘n baie goeie Marlowspan 38-35.

Gedurende die Julie skoolvakansie het verskeie leerders die skool by die Akademie en Cravenweek verteenwoordig.

By die O/16 Grant Khomo week het Pieter Gunter en Henco Pieterse ons verteenwoordig.  Die span wen twee van hul drie wedstryde.

Op O/18-vlak lewer ons 5 provinsiale spelers op.  Duan du Plessis, Luciano Grootboom en Denvér Kleu verteenwoordig die skool by die Akademieweek.  Denvér voer ook die span aan.  Hulle wen ook twee uit die drie wedstryde.

Heino Bezuidenhout en Lupumlo Mguca gaan na die Cravenweek in Middelburg.  Heino is onderkaptein van die span.  Die Oostelike Provinsiespan kwyt hulle baie goed van hul taak en wen die Cravenweek.  Na afloop van die Cravenweek word ons twee seuns opgeneem in die S.A. O/18-span en verteenwoordig hulle Suid-Afrika in die toetsreeks teen Frankryk, Wallis en Engeland.  Ons is baie trots op ons seuns wat ons skool verteenwoordig op provinsiale en nasionale vlak.

 

MUURBAL – Mnr. W. Boshoff

Daniel Pienaar het twee spanne wat weekliks aan ligawedstryde deelneem in die tweede en derde kwartale.  Daar is weer ‘n hele paar beginners wat werklik goed vorder en verbeter.

Die spanne het gemengde welslae behaal met jong spelers wat blootstelling kry in wedstryde.

Ons nommer een speler, Denric Mulder, het O.P.-kleure verwerf en die O.P.-span (O/16A) verteenwoordig in die interprovinsiale toernooi teen ander provinsies te Oos-Londen gedurende die Julievakansie.

Ons beplan om ‘n span van vier spelers in te skryf om in die somer mansligawedstryde te speel om sodoende meer ervaring en blootstelling te kry.

 

Read 1790 times Last modified on Friday, 05 September 2014 12:12
More in this category: « Daniel Pienaar Sport