• Banner2016
Monday, 22 September 2014 19:47

Landloop Verslag 2014

Die landloop seisoen het vanjaar uit 5 liga byeenkomste in die Uitenhage / Despatch Distrik bestaan.  Al die liga byeenkomste het by die Strelitzia dam plaasgevind en 14 Hoërskole het hieraan deelgeneem.  Landloop is ‘n steeds groeiende sport in Daniel Pienaar en ons atlete vaar baie goed. 

Afstande was soos volg:

Afdeling

Afstand

Meisies /14 tot /19

4 km

Seuns /13 tot /15

4 km

Seuns /16 tot /19

6 km

 

Top 10 – Liga uitslae:

Atleet

Afdeling

Liga 1

Liga 2

Liga 3

Liga 4

Liga 5

Sonica Viljoen

M/15

8

5

-

7

8

Amoiné Blauw

M/16

1

1

1

1

-

Jaqueline Joggems

M/16

4

6

5

6

-

Christal Boucher

M/19

3

6

7

6

5

Eddie Boucher

S/13

4

4

2

3

3

Louis Hugo

S/14

3

3

4

5

3

Pieter Scheepers

S/15

8

9

10

8

9

Sherwin Bakers

S/17

4

7

4

12

-

Avuyile Gqeke

S/19

5

4

5

4

4

  

Distriks-prysuitdeling:

•  15 DP atlete ontvang volharding sertifikate

•  Wenners van skild in spankompetisie - Seuns /14 - Louis Hugo en Dandré Voigt

•  Tweede plek in spankompetisie - Meisies /16 - Amoiné Blauw en Jaqueline Joggems

•  Individuele trofee wenner - Meisies /16 - Amoiné Blauw

O.P. Metro Kampioenskappe – Uitslae en atlete gekies vir O.P. Metrospan:  

•  Amoiné Blauw - 2de Plek (silwer medalje) - M/16

•  Eddie Boucher  - 5de Plek - S/13

•  Jacqueline Joggems – 3de Plek (brons medalje)

•  Sherwin Bakers - 5de Plek - S/17

•  Avuyile Gqeke - 2de Plek (silwer medalje) - S/19

Ongelukkig kan net die eerste 3 atlete op 5 en 6 September 2014 aan die O.P. Kampioenskappe in Bizana gaan deelneem.  Alle voorspoed aan die twee atlete.

Daniel Pienaar 2014 Trofee wenners:

•  Junior trofee - Eddie Boucher

•  Senior trofee - Amoiné Blauw

Baie geluk aan al ons atlete vir die prestasies, asook opregte dank aan elkeen se toewyding en getroue deelname.

Ons sien uit na die 2015 seisoen!

Read 809 times Last modified on Monday, 22 September 2014 19:56
More in this category: Span Foto's »