• Banner2016
Monday, 20 January 2014 23:27

Daniel Pienaar Golf

Ons speel met twee spanne in die A- en B-ligas.  Gedurende 2014 neem ons ook deel aan die Cradock toernooi vir skole.  Ons wil graag hê die seuns moet aansluit by die Uitenhage gholfklub, dan kan hulle Donderdae verniet speel.

Elke jaar onderneem ons ook ‘n toer om die spelers geleentheid te gee om op ander pragtige bane te speel.  Ons A-span spelers kwalifiseer ook vir kleure by die skool.  Omdat hierdie gholfers baie kompeterend is, verkies ons dat gholf hulle eerste keuse moet wees.  Gholf word dwarsdeur die jaar gespeel en Daniel Pienaar neem deel aan beide die somer-  en winterligas.  Ongelukkig is dit so dat slegs die gholfers wat op ‘n redelike standaard is, wel in die ligas kan speel.

Ons het ook ‘n skoolkampioen wat tydens die sportdinee die gholfbeker wen.  Die gholfers geniet die gholf geweldig en het al woorheen die O.P. op S.A.’s verteenwoordig.  Seuns kan ook O.P. kleure behaal indien hulle aan die O.P. Junior Foundation toernooiedeelneem.

Graag moedig ek die gholfers aan om ernstig gholf te speel, aangesien meeste van ons leerders na skool steeds bly speel.

 

 

Last modified on Tuesday, 21 January 2014 07:12