• Banner2016
Thursday, 08 June 2017 05:07

Wetenskap “STEM”

STEM is 'n ingenieursprogram wat deur NMMU aan gr. 10-, 11- en 12- leerders van al die hoërskole in die Nelson Mande­la Metropool wat Fisiese Wetenskap as vak neem, aangebied word. Die kursus is in lyn met die CAPS-sillabus van die betrokke grade en vind plaas in 'n goed toegeruste elektroniese laboratorium. Die kursus word aangebied op Maandae, Dinsdae en Woensdae, elke tweede week, regdeur die jaar. NMMU verskaf self die bussies om die leerders by die betrokke skole op en af te laai. Die kursus is van 14h00-17h00.

Om te kwalifiseer vir die kursus moet 'n leerder meer as 70% vir Weten­skap en Wiskunde behaal.  Leerders wat hierdie kursus tot gr. 12 deurloop het, toon 'n merkbare verbetering in hul Wetenskappunte.

Read 136 times