• Banner2016
Monday, 17 February 2014 22:15

ATKV-redenaars

Die missie van die kompetisie is om Afrikaans in sy totaliteit te bevorder en om aan die jeug ‘n geleentheid tot vaardigheidsontwikkeling te bied.

Die doelwit van die kompetisie is om die jeug te leer om:

 

1.     aktueel betrokke te wees

2.     logiese en kreatiewe denke te ontwikkel

3.     onderskeidend en krities te luister en te lees

4.     inligting te vind, te ontleed, te organiseer en te sintetiseer

5.     eie menings en argument te formuleer

6.     met selfvertroue ander mense te oortuig

7.     eties te leef.

 

Leerders sal aanvanklik aan ‘n eerste uitdunrondte deelneem.  Die wenners van die uitdunrondtes sal daarna aan die halfeindrondtes deelneem.  Die wenners van die halfeindrondtes dring deur na die nasionale finaal.  Die leerders word verdeel in die juniorgroep (Graad 8-9) en die seniorgroep (Graad 10-12) waarvoor ses leerders per groep teen R160 per leerder kan inskryf.

Elke groep ontvang vooraf drie temas waaruit die deelnemers hul eie onderwerp moet formuleer.  Elke deelnemer moet ‘n oorredende en beredeneerde toespraak van 5-7 min lewer om die gehoor tot die standpunt wat die spreker stel, te beïnvloed en te oorreed.  Alle deelnemers sal ook ‘n onvoorbereide toespraak lewer.  Onvoorbereide onderwerpe word aan deelnemers voorsien asook bronne wat geraadpleeg kan word.  ‘n Maksimum voorbereidingstyd word toegelaat en ‘n maksimum drie minute lewertyd word vereis (geen minimum nie).  Nasionale wenners ontvang geldpryse, medaljes en sertifikate in die finale rondte. 

Read 1490 times Last modified on Monday, 17 February 2014 22:25
More in this category: « Debating